Thursday, August 13, 2009

Marthinus Versfeld - Die volheid van sy lewe

The article below celebrates the birth of South African philosopher Marthinus Versfeld one hundred years ago. It appeared in Die Burger of 10 Augustus 2009 and is written by Prof Anton Van Niekerk head of the department of philosophy and director of the Centre for Applied Ethics at the University of Stellenbosch, South Africa.


In the article Van Niekerk notes that Versfeld himself stated that his entire intellectual life was a reaction to the mind-body duality of Descartes. For Versfeld everything in nature was infused with spirit. True spirituality, he said, doesn’t require a rejection of everything to do with the body. Rather it is about discovering the extraordinary in ordinary things - a flower, a sunset, community and definitely good food and wine.


Van Niekerk writes that according to Versfeld, ones spiritual life is therefore not about ideas, philosophy or even ones prayer life. He who looks after the small, everyday things will discover in these things, eternity and the joy of the creation and the creator.


To speak about a person’s spirituality is to speak about his embodied being – the way he walks, the way he blows his nose, the way he looks after his dog and his garden. And also the way he eats.


Versfeld’s book Food for Thought, Van Niekerk feels, testifies to the philosophy that humans are what they eat. The food that we eat builds the body and therefore the soul indicating our state of embodiment.


(My summary and interpretation)


Die volheid van sy lewe

Artikel deur Prof Anton van Niekerk, dosent in en voorsitter van die departement filosofie en direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch.


Marthinus Versfeld is ­vandag presies 100 jaar ­gelede, op 11 Augustus 1909, gebore. Gedurende sy leeftyd, en nog steeds, was en bly hy een van Suid-Afrika se bekendste filosowe.

Die katalogus van die J.S. Gericke-­biblioteek in Stellenbosch dui 17 boeke van hom aan (daar is waarskynlik meer), waarvan die meeste in Afrikaans ­geskryf is, ten spyte van die feit dat hy vir sy hele professionele lewe professor aan die Universiteit van Kaapstad was.

Die begrip “filosoof” ontgin ­egter nie naastenby die spektrum van ­beskrywings wat ewe goed op hom gepas het nie: Afrikaner, Christen, Rooms-Katoliek, ­kenner en ­bewonderaar van die Oosterse mistiek, natuurlief­hebber en -kenner, tuinier, en, les bes, bobaas kok.

Die mens ­Versfeld is ’n mengsel van komponente wat, in kombinasie, so ­onwaarskynlik, maar ook so ­­ver­ras­send lyk soos sommige van die disse waaroor hy met soveel entoesiasme geskryf het.


Dit is ’n onbegonne taak om in hierdie beperkte ruimte reg te laat geskied aan die rykdom van idees wat in sy werke na vore kom.


Een deurlopende tema verdien egter spesiale vermelding.


Dit is sy insigtelike waardering van die feit dat die onderskeiding tussen goed en kwaad nie saamval met die ­onderskeid tussen materie en gees, of tussen liggaamlikheid en spiritualiteit nie.


Die verskil ­tussen ’n goeie en ’n slegte mens lê nie in die feit dat die een meer ­sensueel ingestel is of meer goed het as die ander nie.


Die slegte mens is egter die een wat nie sy goed besit nie, maar deur sy goed besit word, en daarom nie in staat is om ’n broodkorsie met sy ­mede- mens te deel nie.

Die goeie mens daarenteen loop, omdat hy ’n ­pelgrim is, altyd gevaar om sy goed te verloor – en, paradoksaal genoeg, besit hy daarom sy goed op ’n meer betroubare manier as die slegte mens.


Wie sy lewe, en sy goed, ten alle koste wil behou, sal dit verloor, en wie bereid is om sy lewe te ­verloor, sal dit red, of ­liewer, sal ­gered word.


Een van Versfeld se belangrikste insigte was in die aard van ­spiritualiteit.


Hy skryf dat sy ganse intellektuele lewe op­gegaan het in ’n verset teen ­Descartes, die denker wat ons wou wysmaak dat liggaam en siel, gees en materie, skeibaar is.


Vir ­Versfeld, daarenteen, is die ganse natuur deurspek met gees.


Hy het ons bewus gemaak van die geestelikheid van klippe, ­berge en bome.


Ware spiritualiteit beteken nie om af te sien of weg te draai van ­alles wat liggaamlik en aards is nie.


Een van die min ­“suiwer geeste” waarvan ons weet, is immers die duiwel self.


Ware spiritualiteit ­beteken om die ongewone te ontdek in die ­gewone, om genade raak te sien in ’n lenteblom of ’n sons­ondergang, om onderlinge gemeenskap te ­beleef in die genieting van goeie kos, om die persoon van Christus te ontdek in die konkrete, aardse tekens van brood en wyn.


’n Mens se geestelike lewe, skryf Versfeld, is daarom nie in die ­eerste plek hoe jy idealiseer, filosofeer of gestemd is in jou gebedslewe nie.


Om oor ’n mens se gees te praat, is om oor die volheid van sy lewe te praat, hoe hy loop, hoe hy sy neus blaas, hoe hy omsien na sy hond en sy tuin.


Hy wat getrou is in die klein, alledaagse dinge, ontdek in hier­die dinge die ewigheid en die vreugde van die skepping en die skepper.

Vir my bly Food for thought, Versfeld se ­“kookboek van ’n ­filosoof” steeds een van sy boeiendste ­geskrifte.


Die mens is wat hy eet.


Kosmaak is nie slegs die produk van idees nie, maar reflekteer idees en produseer idees.

Die kos wat ons eet, vorm die liggaam, en daarom die siel. Dat ons moet eet, is die tasbaarste herinnering aan hoe radikaal aards, liggaamlik en potensieel genotvol ons lewe in die wêreld is.


Kos verraai daarby ’n mens se herkoms en skep jou omgewing.


’n Plek soos Kaapstad, Versfeld se tuiste, dank volgens hom sy ­ont­staan aan niks minder nie as ­groente en sop.


Die Kaap as ­woonplek het immers tot stand ­gekom vanweë die Hollanders se stigting van ’n verversingspos ten einde te voorkom dat hul matrose op die lang seevaarte na die Ooste skeurbuik kry.


Maar belangriker: Ons skep ’n omgewing, ’n gehumaniseerde omgewing, deur die ­pro­duksie van kos.


’n Mens hoef net ’n rit deur die Bolandse distrikte te onderneem om onder die ­indruk te kom van hoe die voorkoms van die wêreld waarin ons leef, beïnvloed is deur en vanweë die produksie van kos karakter kry.


Die Bolandse landskap is immers een van wingerde en boorde, soos die Mediterreense landskap ­geskep word deur olyfbome en die Ceylon-landskap deur teeplantasies.


Maar ons bou ook paaie, ontwikkel skeepsroetes, ontwerp voertuie, bou fabrieke en produseer voorwerpe ter wille van die voorbereiding en genieting van ’n goeie maaltyd.

Ons mag ­Versfeld en sy werk nie ­vergeet nie.


By min ander mense kon ons die ruimheid, die buigsaamheid om van ander te leer en daardeur verander te word, beter leer as by hom.


Ek het die voorreg gehad om sy begrafnis in 1995 te kon bywoon; ­seker die mees onkonvensionele “uitvaart” wat ek tot nog toe ­mee­gemaak het.


Op die eenvoudige touhandvatselkis was ’n pampoen en veldblomme.


Die diens was in Mowbray se Katolieke kerk; ­wierook het gebrand, en Boeddhistiese inkantasies was net soveel deel van die gebeure as die ­eucharistie.


Dis is die soort mens en die soort ruimheid wat ons sal kan
laat oorleef in hierdie land.

Bron: Die Burger 10 Augustus 2009. Die volheid van sy lewe


No comments:

Post a Comment